Die gratis Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office 2000/XP/2003/2007 (Word, Excel, Access, PowerPoint en Outlook)

Die gratis Afrikaanse speltoetser met skryftekens vir Microsoft Office 2000, XP, 2003 en 2007:

 WSPEL-TUISBLAD

Vertalings van bekende en beminde liedere in Afrikaans.

 ALGEMEEN

 

 

            

WSpel-tuisblad

26 Oktober 2008:  WSpel weergawe 10 kan nou gratis afgelaai word.

 

Klik hier om dit af te laai

 

WSpel 10  herken nou meer as 431,000 woorde en duisende nuwe inskrywings is in die "AutoCorrect" bygevoeg.

 

Groete.

Johan, Elfia en Thomas.

 

Het u 'n probleem met die rooi strepe wat in u Afrikaanse briewe en dokumente voorkom?  Is dit nie ongelooflik hoe maklik 'n mens 'n spelfout raaksien eers nadat die dokument versend is nie?  'n Verdere ergernis is wanneer 'n mens woorde korrek in Afrikaans tik, maar dan verander Microsoft se spelfunksionaliteit dit outomaties na 'n Engelse woord!  (Assistent verander na "Assistant", ens.) 

WSpel los hierdie en ander probleme op!  WSpel bied ook 'n maklike oplossing om woorde met skryftekens in enige Microsoft Office-dokument te tik sonder om die lastige Alt-kodes te gebruik.  Daarby kan alternatiewe spellings van woorde vinnig en maklik met net een klik van u muis gevind word!

Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal!

WSpel is ten volle hersien, en voldoen aan die neergelegde reëls van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) ten opsigte van woorde se spelling, skryftekens, afkortings en koppeltekens.  Daar is ook voorsiening gemaak vir alternatiewe spellings.  Ou spelwyses van woorde soos pepsine, okside, aspirine, odysee, ens. is verwyder, en dit kom dus nie meer in die speltoetser voor nie.

Daar is tans meer as 431 000 woorde in die WSpel-woordelys! Daarby is WSpel-makro's ontwikkel wat handel met afkortings, koppeltekens, anglisismes, skryftekens, ens. en wat foute d.m.v. die "AutoCorrect"-funksie in Microsoft Word outomaties korrigeer.

Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser in Afrikaans daar te stel.  WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie.  U kan die program gratis van tyd tot tyd aflaai of laat bywerk.

 

Die WSpel-speltoetser kom met 'n volledige hulplêer en instruksies wat ook gratis saam met die speltoetser afgelaai word.  Bel vir Thomas Ellis by 051 4331956 (Bloemfontein) indien u enige navrae het of hulp verlang.

 

Geniet dit!  U insette en terugvoering is altyd welkom.  Gebruik asseblief ons e-posadres wspel@lantic.net... ons hoor graag van u!

 


 
WSpel, Posbus 50200, Mafikeng-Suid, Noordwes, 2791, RSA.   E-pos: wspel@lantic.net

Kopiereg © 2002-2008 Johan & Elfia Visser.

Medewerker: Thomas Ellis. Alle regte voorbehou.

January 13, 2010     RSA
 Hit Counter