|
|
|
My
oorlede vader was Engelssprekend en my oorlede moeder
Afrikaanssprekend. Ek
het albei hierdie tale daagliks in die huis gehoor, want my
oupa aan vaderskant het by ons ingewoon en hy en my pa het
slegs Engels met mekaar gepraat.
Ons is egter in Afrikaans opgevoed.
Ek het gou ontdek dat Afrikaans 'n kragtige, maar ook
’n soepel taal is. Naas
die lewe, kon die Hemelse Vader vir my geen groter geskenk
gegee het nie as Afrikaans, die taal van my hart en siel nie.
Ek is een van 'n paar miljoen wat bevoorreg is om
hierdie taal as my moedertaal te
kan
hê. |
|
Ek
is persoonlik versot op die Weense musiek en liedere, maar ek
kon nooit begryp wat hulle sing nie.
Die Engelssprekende wêreld het nie net die Weense
liedere nie, maar al die mooi liedere uit alle wêreld-tale
vertaal en hulle het 'n beter begrip van die inhoud daarvan as
die gemiddelde Afrikaanssprekende.
Indien hierdie musiek en liedere bemind gemaak moet
word onder ons, moet dit vir ons in ons eie taal gesing word.
Ek het ook van die Amerikaanse musiekblyspele, wat as
gevolg van Weense/Duitse invloed geskryf is, vertaal. |
|
Wat
my egter aangespoor het om die liedere te vertaal, is my
hartstogtelike liefde vir my taal en om vir my
mede-Afrikaanssprekendes te bewys dat Afrikaans tot alles
onder die son in staat is.
Nou
kan
u ook hoor hoe mooi die Weense volks- en operetteliedere
werklik is. Die
Engelse liedere verstaan ons, maar ek het dit nogtans vertaal omdat dit vir my nog mooier in Afrikaans klink. |
|
Hier
volg 'n uittreksel
uit 'n brief van mnr. Gordon Hollander, Sandton, wat in “Rapport”
van 7 Julie 2002 verskyn het:
“Oor die afgelope jaar of twee het ek as
Engelssprekende die debat in die onderskeie koerante oor die
voortbestaan van die Afrikaanse taal met groot belangstelling
gevolg. ..... Vergeet van die politiek en geniet net dié
pragtige taal.” “....
terwyl julle een van die mooiste tale in die geskiedenis van
die wêreld prysgee. Die
afgelope jaar het ek Afrikaans bestudeer.
Vir my is Afrikaans een van die mooiste en kragtigste
tale ter wêreld. Ek
is ses ander tale magtig en ek voel dat my oordeel dus op
kennis gegrond is. My
raad aan Afrikaanssprekendes is baie eenvoudig.
Vergeet van politiek.
Benut en geniet die suiwer prag en mag van jul taal.
Dis genoeg rede om daarom te veg,” |
|
Ook
'n Duitse uitruilstudent by Jan van Riebeeck-hoërskool,
Kaapstad, het gesê dat hy nog nooit 'n taal gehoor het met
soveel vloekwoorde as Afrikaans nie, maar ook geen taal met
soveel gevoel as Afrikaans nie.
Hy is oor albei reg.
As jy in Afrikaans gevloek is, weet jy jy is gevloek.
So kragtig is Afrikaans. |
|
Ek
haal nog 'n brokkie aan uit die Volksblad van 31 Oktober 2003
wat afkomstig is van dr. Jan Henkins:
“Ek en my vrou was op reis na Wenen vanaf
Switserland. Op
Innsbruck
klim daar twee dames op en neem sit oorkant ons. Ek en my vrou
gesels natuurlik in Afrikaans. Ons hoor toe die twee begin
naderhand spekuleer oor die taal wat ons praat. Ons kon dit
later nie meer uithou nie en het vir hulle gesê dit is
Afrikaans. Ek het
al baie gewonder hoe Afrikaans klink vir 'n oor wat dit nog
nooit gehoor het nie. Wat was ons verbasing groot toe die een
dametjie sê dit is op haar oor die mooiste en sagste taal wat
sy nog ooit gehoor het en sy is sewe tale magtig. Sy sê
Afrikaans klink soos 'n taal wat net uit klinkers bestaan en
geen medeklinkers het nie. Ons lê nie oormatige klem op ons
medeklinkers soos die ander tale nie.” |
|
Dan
wil ek tog ook vertel van die Amerikaanse vrou wat een van die
bekende skoonheidshuise se produkte in Kaapstad kom promoveer
het. Sy was so betower deur Afrikaans. Sy het gesê:
"Voordat ek weer teruggaan na Amerika toe wil ek
graag ten minste een sin in hierdie pragtige taal van julle
sê." |
|
Ek
weet ook dat die Universiteit van Oxford of
Cambridge
donkiejare gelede reeds gesê het dat Afrikaans die mees
dinamiese taal ter wêreld is.
Ek weet ook van 'n buitelander wat gesê het
ons het so 'n singende taal.
Ek weet ook van 'n Swarte wat in Amerika gebore is en
as kind hier na Suid-Afrika gekom
het. Hy was weer
so geïmponeer deur die “ag” soos in “Ag, man.” en dan
kla sekere mense oor ons “G” en ons het in werklikheid 'n
sagte “G” wat agter in die keel gevorm word. |
|
Ek
weet ook van 'n Engelse skrywer gedurende die twintigerjare
wat aan sy vriend in Engeland geskryf het oor hierdie
wonderlike taal, Afrikaans en nou gaan die Cornerstone
Christian College in Busselton, Australië, Afrikaans as 'n
tweede taal aan al sy leerlinge (350) aanbied.
Die onderwyseres is 'n Australiër wat met 'n Afrikaner
getroud is. Sy het
dadelik Afrikaans geleer en luister wat sê sy van Afrikaans:
“Ek is mal oor Afrikaans ek
kan
nie wag om dit aan te bied nie.
'n Mens
kan
dinge beter in Afrikaans as in Engels beskryf.”
(Berig in Volksblad van Saterdag 15 Januarie 2005) |
|
Vir
my is daar net een probleem in Afrikaans en dit is ons dubbele
ontkenning. As jy
ooit uit enige van die Europese tale in Afrikaans vertaal,
moet jy die tweede “nie” meestal weggooi. In hierdie
vertalings is dit baie gedoen en tog pla dit nie juis nie. Jy
kom dit eintlik as gevolg van die beryming nie agter nie. |
|
Ek
weet dat die Afrikaanssprekende operasangers/sangeresse baie
moeite moet doen om hulle tekste in die Europese tale te leer.
Ons sal daardie sang nooit ten volle
kan
waardeer nie. Probeer
tog om dit hier in Suid-Afrika ook in Afrikaans te sing.
Eers dan sal operamusiek en liedere onder die grootste
deel van die Afrikaners gewild word en sal ons nie ons talent
so afstaan aan oorsese operahuise nie. |
|
Ek
het een aand na die sanguitvoering van 'n Afrikaanssprekende
sanger in “Klankgrens” op Kyknet geluister.
Hy vertel toe aan sy gehoor dat hy nie Afrikaanse
vertalings sing nie, want 'n liedjie kom slegs tot sy reg in
die taal waarin dit geskryf is.
Hy sing toe La Paloma in Spaans.
Hy het hom egter so in die voet geskiet, want al die
ander liedere daarna was bekende Engelse en Europese musiek,
met Afrikaanse woorde.
Hoe is dit ooit moontlik dat 'n lied slegs tot sy reg
kan
kom in die taal waarin dit geskryf is terwyl geeneen van die
aanhoorders 'n snars verstaan van wat gesing word nie. |
|
Vroeër
jare toe die Amerikaanse Country en Western liedere so gewild
was, is die meeste daarvan in Afrikaans vertaal en die plate
het verkoop. Geen Afrikaanssprekende het die Engelse weergawe
gekoop as daar 'n Afrikaanse vertaling tot sy beskikking was
nie. Die ouer
garde sal nog onthou hoe ons “As dit nag is in die bosveld,
dan droom ek” gesing het.
Weinige weet dat dit die vertaling was van “When it’s
night time in
Nevada
I’m dreaming.” |
|
Daar
is gepoog om hierdie vertalings musikaal en liries te hou, die
rymklanke natuurlik en ongeforseerd en die aksente korrek op
al die lettergrepe soos deur die melodieë vereis. |
|
Dit
word gratis aangebied aan enige sanger/sangeres wat dit met
die nodige wetlike prosedure op kompakskyf en/of kasset wil
gebruik, op voorwaarde dat niks aan die tekste sonder my
toestemming verander word nie.
Dit geld nie vir die vertaling van “As ek ooit weer
verlief sou raak” nie, aangesien slegs die twee verse my
vertaling is. Die refrein was reeds so goed vertaal dat geen
regdenkende persoon daaraan ooit
kan
verander nie. Ek
kon ongelukkig nie by 'n vorige werknemer van die betrokke
platemaatskappy, wat tans nie meer bestaan nie, uitvind wie
verantwoordelik was vir die vertaling nie. My adres en telefoonnommer word verskaf indien u probleme ondervind om die bladmusiek in die hande te kry. |
|
Thomas
C. Ellis,
Posbus 22248, EXTONWEG,
Bloemfontein
,
9313, Tel. (051)
433-1956. |
|
|