|
WSpel en WSpeltoetser is die handelsmerke en kopieregbesit van Johan en Elfia Visser. |
|
Hierdie kopiereg is van toepassing op al die lêers in die WSpel-pakket asook die lisensievoorwaardes. Die lisensie beskryf die voorwaardes waaronder u WSpel mag gebruik en versprei. Daar word aanvaar dat u die voorwaardes verstaan en aanvaar die oomblik wanneer u voortgaan om die speltoetser op u rekenaar te installeer.
|
|
WSpel
is gratis sagteware. Die lisensie is nie ontwerp om u vryheid te
beperk nie, maar om te verseker dat die program gratis vir almal
bly. |
|
1.
|
WSpel mag gratis gebruik word deur enige persoon,
organisasie, besigheid, regeringsinstansie, skool en universiteit, ens. en kan as sodanig gratis afgelaai word by WSpel se webwerf
http://www.wspel.co.za/, en kan van tyd tot tyd gratis bygewerk word.
|
|
1.1
|
As dit op 'n ander wyse verskaf of bekom word, bv. afskrifte
aan of van vriende, moet dit ten alle tye gratis wees en selfs nie eens die dupliseerkoste mag van die ontvanger verhaal word nie.
|
|
1.2
|
Geen veranderinge of wysigings van enige aard mag
aangebring word aan die inhoud of enige deel van WSpel nie.
|
|
1.3
|
Die volledige pakket met alle lêers moet (volledig en
onveranderd) ten alle tye op die CD (of enige ander medium wat vir die verspreiding gebruik word) wees en die ontvanger mag geensins onder die indruk gebring word dat WSpel enigiets anders as gratis sagteware is nie.
|
|
2.
|
WSpel mag nie saam met 'n nuwe rekenaar verkoop word
nie. Dit mag wel gratis saam met die nuwe rekenaar verskaf word soos hierbo aangedui. |
|
3.
|
WSpel mag nie op 'n ander webwerf as die aangeduide een
van WSpel (http://www.wspel.co.za/) in sy huidige of 'n gewysigde vorm verskaf word nie. Daar is voorsiening gemaak om te kan bepaal of die woordelys gekopieer is en byvoorbeeld bloot van 'n ander naam voorsien is.
|
|
4.
|
Geen waarborg word verskaf vir enige verlies of skade van
enige aard as gevolg van die gebruik van die program nie. U gebruik WSpel op u eie risiko en verantwoordelikheid. Die eienaars of kopiereghouers of medewerkers of verspreiders is ook nie aanspreeklik vir enige verlies of skade as gevolg van wangebruik of wanfunksie van die program nie.
|
|
5. |
Johan en Elfia Visser behou die reg voor om sonder vooraf
kennisgewing uitsonderings aan die lisensievoorwaardes te maak of dit te wysig. |
|
|
|
|
|
|