Die gratis Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office 2000/XP/2003/2007 (Word, Excel, Access, PowerPoint en Outlook)

Die gratis Afrikaanse speltoetser met skryftekens vir Microsoft Office 2000, XP, 2003 en 2007:

 WSPEL-TUISBLAD

Vertalings van bekende en beminde liedere in Afrikaans.

 ALGEMEEN

 

            

Speltoetser

Die werking van WSpel se speltoetser is identies aan dié van Microsoft Office se "Grammar and Spelling"-funksionaliteit. Presies dieselfde prosedures word gevolg soos wat u gewoonlik 'n dokument in Microsoft Word, PowerPoint, Excel, Access of Outlook sou speltoets.  Waar u voorheen slegs Engelse woorde in die speltoetser gehad het, het u nou beide die bestaande Engelse woordeboek tesame met WSpel se Afrikaanse woordeboek om woorde uit te kies. Met die "Add"-funksie kan u dus ook nuwe woorde byvoeg. Let op dat WSpel slegs Afrikaanse woorde bevat en dit dus hoegenaamd nie die bestaande Engelse woorde in Microsoft Office se woordeboek vervang nie. WSpel werk bloot saam met Microsoft Office se bestaande Engelse woordeboek en verskaf die Afrikaanse woorde.

WSpel se speltoetser sal woorde wat u verkeerd tik, outomaties regmaak (môreogend = môreoggend, onmiddelik = onmiddellik, kanselasie = kansellasie, ensovoorts). Daarby voeg dit ook (outomaties) skryftekens soos kappies en deeltekens op letters indien u nalaat om dit te doen (gese = gesê, koeffisient = koëffisiënt, appelregter = appèlregter, ensovoorts). Foutiewe afkortings word uitgewys (BCom = B.Com., dmv = d.m.v., HDL = H.d.L., mnr = mnr., ensovoorts).

Meer as 431 000 woorde is tans in WSpel se Afrikaanse woordelys opgeneem!  Dit is nou ’n plesier om enige Afrikaanse dokument of brief te tik.  Nie net Afrikaanse woorde nie, maar ook persoonsname en -vanne, Afrikaanse afkortings en die name van dorpe en stede, is in die WSpel-woordelys opgeneem.

WSpel bied 'n maklike oplossing om woorde met skryftekens in enige Microsoft Office dokument te tik sonder om die lastige Alt-kodes te gebruik (sien Meer inligting).

Alternatiewe spellings van woorde kan vinnig en maklik met net een klik van u muis gevind word!

Hierdie en baie ander 'juweeltjies' is in WSpel ingesluit, en u kan meer daaroor in die WSpel-hulplêer lees wat, net soos die speltoetser, gratis afgelaai word.

In die voorbeeld hieronder is beide die Engelse "welcome" en die Afrikaanse "welkom" as keuses beskikbaar. In dié voorbeeld is daar bloot met die muis regs op die foutiewe woord geklik.

 
WSpel , Posbus 50200, Mafikeng-Suid, Noordwes, 2791, RSA.   E-pos: wspel@lantic.net

Kopiereg © 2002-2008 Johan & Elfia Visser.

Medewerker: Thomas Ellis. Alle regte voorbehou.

October 26, 2008    RSA